Commons:Gemeenskapsportaal

From Wikimedia Commons, the free media repository
Jump to navigation Jump to search

Welkom by die Wikimedia Commons se gemeenskapsportaal

Is u nuut hier by die Wikimedia Commons? Sien gerus ons beginnersgids en welkomingsblad vir meer inligting oor Wikimedia Commons en hoe u by die projek kan bydra. Hierdie inligting is in Afrikaans en ook 'n hele boel ander tale beskikbaar. U kan u taal vir elke bladsy kies by die kieslys wat bo-aan meeste bladsye verskyn.

Nuus

Vier miljoen lêers opgelaai!

Op 9 Oktober 2007, minder as 'n jaar na ons miljoenste lêer, bereik ons 'n mylpaal van twee miljoen lêers.

1000+ Spogbeelde

Commons het nou meer as 1000 Spogbeelde. Die 1000ste beeld wat opgelaai is, is Image:Neuschwanstein_Castle_LOC_print_rotated.jpg.

Kommunikasie
Geselshoekie
Ons internasionale geselshoekie vir vrae oor enige iets; van ons lisensiëringsbeleid tot probleme met die sagteware. Siende dat gebruikers van regoor die wêreld by die Geselshoekie kuier, is dit raadsaam om Engels te gebruik indien u so groot 'n gehoor as moontlik wil bereik.
Administrateurs se kennisgewingbord
Indien u 'n administrateur wil kontak in verband met (bv.) blokkerings van gebruikers of beskerming van beelde.
Grafiese laboratorium
Hier kan u 'n versoek rig aan ons grafiese tekenaars om u beelde te verbeter, skoon te maak of meer kleur te verleen.
IRC-kanale
#wikimedia-commons Wikimedia Commons se IRC-kanaal.
#commons.wikimedia om die onlangse wysigings m.b.v. IRC te volg.
#cvn-commons Vertoon moontlike vandalistiese wysigings en nuut opgelaaide media.
Internasionale poslys
commons-l
Organisering van inhoud
Skepping en oplaai
Beeldversoeke, Vrye mediabronne (om na die Wikimedia Commons op te laai), Gesogte bladsye.
Verbeterings
Kopieregkwessies
Wikimedia Commons se sub-projekte
Instandhouding van die hulpbladsy(e), Commons-projek Ampstekens (vir die koördinasie van SVG-oordrag), Grafiese vaardighede-projek (om gebruikers volgens hulle vaardighede te kategoriseer) en ander Wiki-projekte.
Beleide en besluite
Wikimedia Commons se projek-vooruitsig
Die definisie van ons projek en die gedetailleerde beleide wat daarvan afgelei is, met betrekking tot lisensiëring, toegestane kopieregetikette en toegestane lêertipes. Hierdie bladsye bied belangrike inligting oor wat die projek is, maar ook oor wat dit nié is nie.
Verwyderingsriglyne
Die verwyderingsriglyne is nou verbind met die Wikimedia Commons se projek-vooruitsig. Die riglyne definieer hoe en wanneer om inhoud te verwyder wat vir verskeie redes nie by Wikimedia Commons behoort nie.
Veeltaligheid
Wikimedia Commons is veeltalig. Gebruik Babel om ander bydraers te vind wat u taal kan praat. Plaas dus ook asseblief inligting oor die tale wat u magtig is op u gebruikersblad. Die taalbeleid word bespreek by Commons talk:Language policy.
Gebruikers se grafiese vaardighede
Kategoriseer gebruikers volgens hulle oudio- en grafiese kennis, vaardighede of belangstellings, sodat u maklik 'n gebruiker kan opspoor om u met 'n spesifieke probleem te help. (Deel van die Commons 2.0 !-projek.)
Administrateurs
'n Lys van die huidige administrateurs en verkiesing van nuwe administrateurs na aanleiding van versoeke. Versoeke en verkiesings tot robot status word ook daar gehanteer.
Aanbevelings en gidse
Hulpindeks
Alle hulp-, projek-, instandhoudings-, besprekings- en beleidbladsye asook verdere riglyne oor hoe om in wiki's soos die Wikimedia Commons te werk. Vir 'n oorsig oor die struktuur van die Wikimedia Commons-projek self, sien Category:Commons.
Sagteware en programmatuur
Aanbevole sagteware en programmatuur vir elke mediatipe, sodat u inhoud kan skep en kan wysig om met die Wikimedia Commons te deel.
Gereedskap
Gereedskap vir die oplaai van beelde en verdere instandhouding van die Wikimedia Commons, bv. die Commonist, wat u help om groot aantalle beelde op te laai. Gereedskapintegrasie help u om verbeterde werking by u Wikimedia Commonshelps-koppelvlak te voeg.
Hoe om inhoud van die Wikimedia Commons te hergebruik
'n Oorsig van hoe die inhoud van Wikimedia Commons in verskeie ander Wikimedia-projekte gebruik kan word, asook hergebruik deur derdepartye. Sien gerus ook ons mediahulp vir sagteware en wenke vir die besigtiging van beelde en films en die luister van oudiolêers wat hier beskikbaar is. Sien gerus ons spogbeelde, beelde van die dag en ons media van die dag vir 'n versameling van ons kosbaarste inhoud.